Tuesday, August 18, 2009

Dissipline en Akademie

Ek is 'n baie bekommerde onnie van Middelburg Mpumalanga.

Dissipline in skole is besig om hand uit te ruk, maar die vraag is, hoe raak dit die akademie in skole? Ek vind dat mens nie sonder dissipline skool kan gee nie, dit word net moeiliker by die dag. Ons moet saam staan en 'n oplossing vir die ewel kry sodat ons ons werk behoorlik kan doen.

Soos almal weet, word die vinger na die onderwyser gewys, lig jy jou hand vir 'n leerling dan staar jy 'n hofsaak in die gesig. Kom vind saam my 'n oplossing vir die enorme probleem!